Genesis 32:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: As Esau by die een skare kom en dit verslaan, dan sal die ander bende wat oorbly, ontsnap.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gedink: “As Esau een groep aanval, kan die ander groep dalk ontsnap.”
Afrikaans 1933/1953
want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.
Afrikaans 1983
want hy het gedink: as Esau by die eerste groep kom en dit uitwis, kan die ander groep dalk wegkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gedink: As Esau op die een kamp afkom en dit aanval, kan die kamp wat oorbly, ontvlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê: “As Esau die een groep aanval, dan sal die ander groep miskien kan vlug.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jakob het geskrik en was baie bang. Angsbevange het hy gou al sy mense en diere in twee groepe verdeel.