Genesis 34:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te sien.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag het Dina, Jakob se dogter by Lea, by die jong vroue van die omgewing gaan kuier.
Afrikaans 1933/1953
En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.
Afrikaans 1983
Dina, die dogter wat deur Lea vir Jakob in die wêreld gebring is, het op 'n keer gaan kuier by die dogters van die omgewing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dina, die dogter wat Lea vir Jakob in die wêreld gebring het, het uitgegaan om na die dogters van die omgewing te gaan kyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dina was Jakob en Lea se dogter. Sy het gaan kuier by die ander meisies wat daar naby gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dina, die dogter van Jakob en Lea, het op ’n dag vir die vroue in die omgewing gaan kuier.