Genesis 35:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe sy in die harde kraam was, sê die vroedvrou vir haar: Moenie vrees nie; jy sal ook hierdie seun hê.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sy so swaarkry met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie. Jy het weer ’n seun!”
Afrikaans 1933/1953
En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.
Afrikaans 1983
Met dié dat Ragel so swaar ly by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Ook hierdie keer het jy 'n seun!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl sy so swaar gekry het met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie, want ook hierdie een is 'n seun vir jou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog 'n seun gekry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die geboortepyne op hulle ergste was, het die vroedvrou vir Ragel gesê: “Mevrou, moenie meer bang wees nie, want dit is ’n seuntjie.”