Genesis 36:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Timna was byvrou vir Elifas, die seun van Esau; en sy het vir Elifas Amalek gebaar. Dit was die seuns van Ada, die vrou van Esau.
Afrikaans (NLV) 2011
Elifas het nog ’n seun gehad met die naam Amalek. Sy ma was Timna, Elifas se byvrou. Dit is al die kleinkinders van Ada, Esau se vrou.
Afrikaans 1933/1953
En Timna was 'n byvrou van lifas, die seun van Esau; en sy het vir lifas gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
Afrikaans 1983
Esau se seun Elifas het vir Timna as byvrou gehad, en sy het vir Amalek in die wêreld gebring. Dit was die nageslag van Esau se vrou Ada.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Timna was 'n byvrou van Elifas, die seun van Esau; sy het Amalek vir Elifas in die wêreld gebring. Hulle was nakomelinge van Ada, Esau se vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Timna was Elifas se byvrou, en sy het 'n seun gekry vir Elifas, die seun se naam was Amalek. Dit was die nageslag van Esau se vrou Ada.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Esau se seun Elifas het ook ’n byvrou, Timna, gehad, en haar seun se naam was Amalek. Bogenoemde is die nageslag van Esau se vrou Ada.