Genesis 36:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit was die vorste van die seuns van Esau: die seuns van Elifas, die eersgeborene seun van Esau; hertog Teman, hertog Omar, hertog Zepho, hertog Kenaz,
Afrikaans (NLV) 2011
Esau se kinders en kleinkinders het stamhoofde geword. Die seuns van Esau se oudste seun Elifas wat stamhoofde geword het, was: Teman, Omar, Sefo, Kenas,
Afrikaans 1933/1953
Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Âlifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
Afrikaans 1983
Die volgende uit Esau se nageslag was stamhoofde. Uit Esau se oudste seun Elifas se seuns was daar Teman, Omar, Sefo, Kenas,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hier volg die stamhoofde van Esau se nageslag. Die nageslag van Elifas, Esau se eersgeborene, was: stamhoof Teman, stamhoof Omar, stamhoof Sefo, stamhoof Kenas,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hier is die name van die leiers van Esau se nageslag: Elifas was Esau se oudste seun. Die leiers van sy nageslag was Teman, Omar, Sefo, Kenas,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die volgende seuns uit Esau se nageslag was almal hoofde van stamme. Elifas, Esau se oudste seun, het die volgende seuns gehad: Teman, Omar, Sefo, Kenas,