Genesis 37:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Israel vir Josef: Voed jou broers nie die kleinvee in Sigem op nie? kom, en Ek sal jou na hulle toe stuur. En hy sê vir hom: Hier is ek.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hulle vir ’n tyd lank weg was, sê Jakob vir Josef: “Jou broers is met die vee daar anderkant by Sigem. Ek wil jou na hulle toe stuur.” “Goed, Pa,” sê Josef.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek!
Afrikaans 1983
Toe sê Israel vir Josef: “Kyk, jou broers pas die kleinvee op in Sigem. Ek wil jou na hulle toe stuur.” Josef het geantwoord: “Goed, Pa!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê Israel vir Josef: “Laat jou broers nie die vee by Sigem wei nie? Kom, dan stuur ek jou na hulle toe.” Josef het hom geantwoord: “Dit is goed so.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jakob het vir Josef gesê: “Jou broers pas die skape en bokke op in Sigem. Jy moet na hulle toe gaan.” Josef het gesê: “Goed, Pa, ek sal gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jakob het vir Josef gesê: “Jou broers is naby Sigem met die skape. Ek stuur jou na hulle toe. Jy moet gaan kyk hoe dit met hulle gaan.” “Goed, ek sal gaan,” het Josef geantwoord.

Recommended Reading