Genesis 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Adam het sy vrou Eva geken; en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man van die HERE gekry.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mens het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het swanger geword. Sy het geboorte gegee aan Kain. Sy sê toe: “Met die hulp van die Here het ek ’n man voortgebring!”
Afrikaans 1933/1953
En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
Afrikaans 1983
Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Sy het vir Kain in die wêreld gebring en uitgeroep: “Ek het 'n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die mens het met Eva, sy vrou, gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Kain geboorte gegee. Sy het gesê: “Ek het van die Here 'n man verkry. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens het seks gehad met sy vrou Eva. Sy het swanger geword en sy het 'n seun gekry. Die seun se naam was Kain. Eva sê toe: “Die Here het my gehelp om 'n seun in die wêreld te bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Adam het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het ’n kind verwag. Haar eerste kind was ’n seun en sy het hom Kain genoem. Sy het trots gesê: “Met die Here se hulp het ek ’n man in die lewe gebring.”