Genesis 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Wat het jy gedoen? die stem van die bloed van jou broer roep na My van die grond af.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die Here sê vir hom: “Wat het jy nou aangevang? Die bloed van jou broer roep na My daar waar dit op die grond geval het!
Afrikaans 1933/1953
En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.
Afrikaans 1983
Maar die Here sê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het gesê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer bly roep na My vanuit die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê toe vir Kain: “Wat het jy gedoen? Jy het jou broer doodgemaak en sy bloed het op die grond geval. Daardie bloed roep My en vra My om jou te straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En die Here het gesê: “Wat het jy in hemelsnaam aangevang? Luister net ’n bietjie hoe skreeu jou broer se bloed. Dit roep van die bloedbevlekte aarde af na My.