Genesis 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou is jy vervloek van die aarde af wat haar mond oopgemaak het om jou broer se bloed uit jou hand te ontvang;
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom word jy verban van die grond wat jou broer se bloed uit jou hand ontvang het.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
Afrikaans 1983
Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, vervloek is jy, verban van die grond af – die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom vervloek Ek jou. Jy moet nou weggaan van hierdie plek waar jou broer se bloed op die grond geval het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jy word nou summier van die grond verban. Jy sal nooit weer van die grond kan leef nie, want jy het die grond gedwing om jou broer se bloed te drink; die bloed van jou broer wat jy doodgemaak het.