Genesis 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie voortaan aan jou sy krag gee nie; 'n vlugteling en 'n swerwer sal jy op die aarde wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit sal nie meer vir jou ’n goeie oes lewer nie, al werk jy hoe hard daarvoor. Van nou af sal jy ’n vlugteling en ’n swerwer op aarde wees.”
Afrikaans 1933/1953
As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.
Afrikaans 1983
Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As jy die grond bewerk, sal dit nie langer sy opbrengs vir jou gee nie. 'n Doellose swerwer sal jy op die aarde wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer jy in die grond werk, dan sal die plante nie daar groei nie. Jy sal van een plek na 'n ander plek rondswerf en jy sal nie 'n huis hê nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al ploeg en bewerk jy die grond, daar sal niks van kom nie. Jy sal vir altyd ’n eensame swerwer op aarde wees.”