Genesis 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir hom: Daarom sal elkeen wat Kain doodmaak, sewevoudig op hom gewreek word. En die HERE het 'n merk op Kain gemaak, dat niemand wat hom vind, hom sou doodmaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here antwoord hom: “Nee, hulle sal jou nie doodmaak nie, want enigiemand wat jou doodmaak, sal sewe maal gestraf word.” Toe sit die Here God ’n teken aan hom sodat niemand wat hom teëkom hom sal doodmaak nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
Afrikaans 1983
Maar die Here sê vir hom: “Nee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word.” Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Here het hom geantwoord: “Goed dan, enige een wat Kain doodmaak – dit sal sewe maal gewreek word.” Die Here het toe op Kain 'n merkteken gesit, sodat niemand wat hom teëkom, hom sou doodslaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Kain gesê: “Nee. As iemand jou doodmaak, dan sal Ek hom baie swaar straf.” Die Here maak toe 'n merk op Kain. Die merk het almal gewaarsku om nie vir Kain dood te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Nee,” het die Here gesê, “dit sal nie gebeur nie. Enigeen wat vir Kain doodmaak, sal self ’n wrede dood sterf.” Die Here het toe ’n merk op Kain se voorkop gemaak. Dit moes mense afskrik om hom dood te maak.