Genesis 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Kain het weggegaan van die aangesig van die HERE en gaan woon in die land Nod, oos van Eden.
Afrikaans (NLV) 2011
Kain het van die Here God se teenwoordigheid af weggegaan en in die land Nod, oos van Eden, gaan woon.
Afrikaans 1933/1953
Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.
Afrikaans 1983
En Kain het van die Here af weggegaan. Hy het gaan woon in Nod, oos van Eden.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kain het toe uit die Here se teenwoordigheid weggegaan en in die land Nod gaan woon, oos van Eden.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Kain het weggegaan van die Here. Hy het gaan woon in die land Nod. Dit was oos van Eden.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kain het toe weggegaan, weg van sy grond en die teenwoordigheid van die Here af. Hy het gaan bly in die land Nod, duskant die tuin van Eden.