Genesis 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Kain het sy vrou geken; en sy het swanger geword en Henog gebaar; en hy het 'n stad gebou en die stad na die naam van sy seun Henog genoem.
Afrikaans (NLV) 2011
Kain het by sy vrou geslaap, sy het swanger geword en geboorte gegee aan Henog. Kain het ’n stad gebou en dit vernoem na sy seun Henog.
Afrikaans 1933/1953
En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.
Afrikaans 1983
Kain het met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het swanger geword en vir Henog in die wêreld gebring. Kain het daarna 'n stad begin bou en hy het die stad na sy seun Henog vernoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kain het met sy vrou gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Henog geboorte gegee. Kain was toe besig om 'n stad te bou, en hy het die stad na sy seun Henog vernoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Kain het seks gehad met sy vrou. Sy het swanger geword en 'n seun gekry. Die seun se naam was Henog. Kain het toe 'n stad gebou en hy het die stad ook Henog genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kain se vrou het verwag en hulle seun Henog is gebore. Kain het intussen ’n groot stad gebou. Hy het dit na sy seun Henog vernoem.