Genesis 4:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En vir Henog is Irad gebore, en Irad was die vader van Mehujael, en Mehujael was die vader van Metúsael, en Metúsael was die vader van Lameg.
Afrikaans (NLV) 2011
Henog was die pa van Irad. Irad was die pa van Megujael. Megujael was die pa van Metusael. Metusael was die pa van Lameg.
Afrikaans 1933/1953
En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehujael; en Mehujael was die vader van Metusael; en Metusael die vader van Lameg.
Afrikaans 1983
Vir Henog is 'n seun Irad gebore, en Irad was die vader van Megujael, en dié was die vader van Metusael, en dié was die vader van Lameg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir Henog is Irad gebore; Irad het Megujael verwek, Megujael het Metusael verwek, en Metusael het Lameg verwek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Henog en sy vrou het 'n seun gekry. Sy naam was Irad. Irad se seun was Megujael, en Megujael se seun was Metusael. Metusael se seun was Lameg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Henog se oudste seun was Irad. Irad se seun was Mehujael. Mehujael het ’n seun met die naam Metusael gehad. Metusael was die pa van Lameg.