Genesis 4:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Lameg het vir hom twee vroue geneem: die naam van die een was Ada en die naam van die ander Silla.
Afrikaans (NLV) 2011
Lameg het met twee vroue, Ada en Silla, getrou.
Afrikaans 1933/1953
En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.
Afrikaans 1983
Lameg was met twee vrouens getroud. Die een was Ada en die ander Silla.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die een se naam was Ada, en die tweede se naam was Silla.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Lameg het met twee vroue getrou — die een vrou se naam was Ada, en die ander vrou se naam was Silla.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Lameg het twee vroue gehad. Een se naam was Ada en die ander een was Silla.