Genesis 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy het weer sy broer Abel gebaar. En Abel was 'n veewagter, maar Kain was 'n landbouer van die grond.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het sy geboorte gegee aan sy broer Abel. Toe hulle groot was, het Abel ’n veeboer geword en Kain ’n landbouer.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.
Afrikaans 1983
Sy het weer 'n kind gekry, Abel, 'n broer vir Kain. Abel was 'n veeboer en Kain 'n saaiboer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het weer geboorte gegee – aan sy broer, aan Abel. Abel was 'n herder van kleinvee, en Kain 'n landbouer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Later het sy weer 'n seun gekry. Sy naam was Abel, en hy was Kain se broer. Abel het met skape en bokke geboer. Kain was ook 'n boer, hy het koring gesaai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Haar tweede kind was ook ’n seun en sy het hom Abel genoem. Abel was ’n herder wat skape aangehou het. Kain was ’n boer wat die aarde bewerk het.