Genesis 4:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ada het Jabal gebaar; hy was die vader van die wat in tente woon en van die wat vee het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ada was die ma van Jabal. Hy was die voorvader van die veeboere wat in tente gewoon het.
Afrikaans 1933/1953
En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.
Afrikaans 1983
Ada het vir Jabal in die wêreld gebring. Hy was die stamvader van dié wat in tente by hulle kuddes woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ada het aan Jabal geboorte gegee. Hy was die voorvader van hulle wat in tente woon by hulle vee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ada se seun was Jabal. Jabal was die voorvader van die mense wat in tente by hulle skape en bokke gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ada was die ma van Jabal. Hy was die voorouer van die nomades, wat met hulle vee rondtrek en in tente bly.