Genesis 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die naam van sy broer was Jubal; hy was die vader van almal wat die siter en die orrel hanteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die voorvader van die musikante wat op die harp en die fluit gespeel het.
Afrikaans 1933/1953
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.
Afrikaans 1983
Die naam van sy broer was Jubal en hy was die stamvader van dié wat op die lier en die fluit speel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die voorvader van almal wat op liere en fluite speel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy broer se naam was Jubal. Hy was die voorvader van die mense wat musiek gemaak het met liere en fluite.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy broer se naam was Jubal, en hy was die voorouer van al die musikante.