Genesis 4:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Silla, het ook Tubalkain gebaar, 'n opvoeder van elke kunstenaar in koper en yster; en die suster van Tubalkain was Naäma.
Afrikaans (NLV) 2011
Tubal-Kain was die seun van Silla. Hy was die voorvader van die metaalwerkers wat instrumente uit koper en yster gemaak het. Sy suster se naam was Naäma.
Afrikaans 1933/1953
En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper-- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Na,ma.
Afrikaans 1983
Silla weer het vir Tubal-Kain in die wêreld gebring, en hy was 'n smid, 'n vakman in koper en yster. Sy suster was Naäma.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Silla, ook sy het geboorte gegee – aan Tubal-Kain, 'n smid en die voorvader van almal wat brons en yster bewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Silla se seun was Tubal-Kain. Hy het met koper en yster gewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tubal-Kain was Silla se seun. Hy was die voorouer van die vakmanne wat die allermooiste dinge van koper en yster gemaak het. Tubal-Kain se suster was Naäma.