Genesis 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Lameg aan sy vroue: Ada en Silla, Hoor my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord, want ek het 'n man tot my wond gedood en 'n jongman tot my leed.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag sê Lameg vir sy twee vroue Ada en Silla: “Vroue van Lameg, hoor wat ek vir julle sê! Luister na wat ek sê. ’n Man wat my wond, maak ek dood, ja, selfs ’n jong man wat my aanval.
Afrikaans 1933/1953
En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond en 'n seun wat my kwes.
Afrikaans 1983
Lameg het vir sy vrouens gesê: “Ada en Silla, luister na my! Vrouens van Lameg, let op my woorde! Ek maak 'n man dood as hy my wond, 'n seun as hy my seermaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Lameg het vir sy vroue gesê: “Ada en Silla, luister na my stem! Vroue van Lameg, hoor wat ek sê, want vir 'n wond aan my maak ek 'n man dood, 'n jong man vir 'n kneusplek aan my!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Lameg het vir sy vroue gesê: “Ada en Silla, luister na wat ek sê. Ek sal die man doodmaak wat my aanval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het Lameg vir sy twee vroue gesê: “Ada en Silla, luister baie mooi en spits julle ore: ek, Lameg, ek duld niks van niemand nie. Ek sal ’n man doodmaak wat my wil wond en ’n seun wat my wil beseer.