Genesis 4:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Adam het sy vrou weer geken; en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want God, het sy gesê, het vir my 'n ander nageslag aangestel in die plek van Abel wat Kain gedood het.
Afrikaans (NLV) 2011
Adam het weer by sy vrou geslaap en sy het ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Set genoem, want sy het gesê: “God het vir my ’n ander seun gegee in die plek van Abel wat deur Kain doodgemaak is.”
Afrikaans 1933/1953
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.
Afrikaans 1983
Adam het weer met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het 'n seun in die wêreld gebring en hom Set genoem, “want,” het sy gesê, “God het vir my 'n ander kind gegee in die plek van Abel omdat Kain hom vermoor het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Adam het weer gemeenskap gehad met sy vrou, en sy het aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom Set genoem, “want,” het sy gesê, “vir my het God 'n ander nasaat voorsien in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgemaak het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mens, Adam, het weer seks gehad met sy vrou. Sy het 'n seun gekry en hom Set genoem. Sy het gesê: “God het vir my 'n ander seun in Abel se plek gegee, want Kain het vir Abel vermoor.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Adam en Eva het weer ’n kind gehad en hulle het hom Set genoem. Eva het gesê: “Die Here het my ’n ander kind gegee in die plek van Abel wat deur sy broer Kain vermoor is.”