Genesis 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar vir Kain en sy offer het hy geen agting gehad nie. Kain was baie kwaad, en sy aangesig het geval.
Afrikaans (NLV) 2011
maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig.
Afrikaans 1933/1953
maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
Afrikaans 1983
maar nie vir Kain en sy offer nie. Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Kain en sy offer het Hy nie met guns beskou nie. Dit het Kain baie kwaad gemaak en hy was terneergedruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here was nie tevrede met Kain en sy offer nie. Kain het toe baie kwaad geword en sy mond was dik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar Hy het nie Kain en sy offer aanvaar nie. Kain was woedend hieroor. Hy het moedeloos geraak.