Genesis 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As jy goed doen, sal jy nie aanvaar word nie? en as jy nie goed doen nie, lê die sonde voor die deur. En na jou sal sy begeerte wees, en jy sal oor hom heers.
Afrikaans (NLV) 2011
Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde hurk by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.”
Afrikaans 1933/1953
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie -- die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
Afrikaans 1983
Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie — die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nie so dat, as jy goed doen, jy jou kop kan optel nie? As jy egter nie goed doen nie, lê die sonde op die loer voor die deur. Na jou is sy begeerte, maar jy moet oor hom heers.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy doen wat reg is, dan sal jy gelukkig wees. Maar as jy doen wat verkeerd is, dan doen jy sonde. Die sonde is altyd naby jou en wil jou vang, maar jy moet die sonde oorwin.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As jy reg lewe, sal jou offer mos aanvaar word. Maar as jy nie reg lewe nie, vind jy uit dat sonde soos ’n wilde dier is wat by jou deur lê: hy lê jou die hele tyd en dophou, want hy wil jou opvreet. Jy kan hom egter oorwin.”