Genesis 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom gedood.
Afrikaans (NLV) 2011
Kain het met sy broer Abel gepraat en terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgeslaan.
Afrikaans 1933/1953
En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
Afrikaans 1983
Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kain sê toe vir Abel, sy broer: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle in die veld was, het Kain teen Abel, sy broer, opgestaan en hom doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Kain het vir sy broer Abel gesê: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kain het toe vir sy broer, Abel, gesê: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle buite kom, het Kain vir Abel gegryp en hom doodgeslaan.