Genesis 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy sê: Ek weet nie: Is ek my broer se wagter?
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna vra die Here vir Kain: “Waar is Abel jou broer?” “Ek weet nie!” is sy skerp antwoord. “Ek is mos nie sy oppasser nie!”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
Afrikaans 1983
Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het vir Kain gevra: “Waar is Abel, jou broer?” Hy het geantwoord: “Ek weet nie; is ek dan my broer se oppasser?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe vra die Here: “Kain, waar is jou broer Abel?” En Kain antwoord: “Ek weet nie. Ek pas nie my broer op nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir Kain gevra: “Waar is jou broer Abel?” Kain het vererg geantwoord: “Hoe moet ek nou weet? Is ek dan my broer se oppasser? Moet ek hom dag en nag oppas?”