Genesis 41:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het in my droom gesien, en kyk, daar het sewe ore in een steel opgekom, vol en goed;
Afrikaans (NLV) 2011
“Daarna het ek nog ’n droom gehad. Hierdie keer was daar sewe are aan een stingel. Hulle was almal mooi en vol.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel.
Afrikaans 1983
“Ek het daarna in 'n droom gesien: sewe mooi vol are het opgeskiet aan een stingel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Toe sien ek in my droom: Kyk, sewe koringare, vol en mooi, staan op uit een halm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Daarna het ek gedroom daar is 'n koringplant, en daar groei sewe koring-are uit die plant. Die koring-are was mooi en vol.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“In my ander droom het ek sewe mooi, vol koringare gesien wat aan een stingel opskiet.