Genesis 46:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En God het met Israel gespreek in die naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy sê: Hier is ek.
Afrikaans (NLV) 2011
In die nag het God in ’n visioen met hom gepraat. “Jakob! Jakob!” het Hy geroep. “Ek luister,” antwoord Jakob.
Afrikaans 1933/1953
En God het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!
Afrikaans 1983
God het dié nag met Israel gepraat in 'n visioen en geroep: “Jakob, Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het met Israel in naggesigte gepraat; Hy het gesê: “Jakob! Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jakob het in die nag gedroom dat God hom roep en sê: “Jakob!” En Jakob het geantwoord: “Hier is ek!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daardie nag by Berseba het God in ’n visioen met Israel gepraat. Hy het hom geroep: “Jakob, Jakob,” en Israel het geantwoord: “Hier is ek, Here.”