Genesis 48:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Jakob vir Josef: God, die Almagtige, het aan my verskyn in Lus in die land Kanaän en my geseën,
Afrikaans (NLV) 2011
Jakob sê vir Josef: “God die Allerhoogste het in Lus in die land Kanaän aan my verskyn en my geseën.
Afrikaans 1933/1953
En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën
Afrikaans 1983
Hy het vir Josef gesê: “God die Almagtige het in Lus in Kanaän aan my verskyn. Hy het my geseën
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jakob sê toe vir Josef: “God, die Almagtige, het by Lus in die land Kanaän aan my verskyn. Hy het my geseën
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jakob het vir Josef gesê: “God die Almagtige het aan my verskyn by Lus in Kanaän, en Hy het my geseën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jakob het weer vir Josef sy lewensverhaal vertel. “Lank gelede,” so het Jakob begin, “het die almagtige God na my toe gekom in Lus (dit is Bet-El), in die land Kanaän. Daar het Hy my geseën en wonderlike dinge vir my gesê.