Genesis 5:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Man en vrou het Hy hulle geskape; en hulle geseën en hulle Adam genoem op die dag toe hulle geskape is.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het hulle manlik en vroulik gemaak. Hy het hulle toe “mens” genoem en hulle geseën.
Afrikaans 1933/1953
Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseënen hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
Afrikaans 1983
Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Manlik en vroulik het Hy hulle geskep. Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem, die dag toe Hy hulle geskep het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het hulle so gemaak dat daar mans en vroue is. Hy het die mense gemaak en hulle geseën, en Hy het hulle “mense” genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het hulle as ’n man en ’n vrou gemaak, hulle geseën en hulle “mens” genoem die dag toe Hy hulle gemaak het.