Genesis 5:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het hom Noag genoem en gesê: Hy sal ons troos oor ons werk en moeite van ons hande vanweë die aarde wat die HERE vervloek het.
Afrikaans (NLV) 2011
Lameg het hierdie seun Noag genoem, want hy het gesê: “Hy sal ons opbeur in die vermoeiende handewerk wat ons moet doen op die grond wat die Here vervloek het.”
Afrikaans 1933/1953
en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
Afrikaans 1983
Hy het die seun Noag genoem, “want,” het hy gesê, “hierdie seun sal ons opbeur in die harde werk met ons hande en in ons swaarkry op die grond wat deur die Here vervloek is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hom Noag genoem en gesê: “Hierdie een sal ons troos oor ons werk en die geswoeg met ons hande, oor die grond wat die Here vervloek het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en Lameg het hom Noag genoem. Lameg het gesê: “Ons werk hard met ons hande om kos te kry, want die Here het die grond vervloek. Hierdie seun Noag sal ons help sodat ons kan rus nadat ons so hard moes werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het die seun Noag genoem en gesê: “Hy gaan ons nog moed inpraat as ons sukkel en moeg gewerk is. Hy gaan ons nog troos as ons so swaarkry op die aarde wat die Here vervloek het.”