Genesis 5:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Adam het honderd-en-dertig jaar gelewe, en hy het 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy beeld; en hom Set genoem:
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Adam 130 jaar oud was, is sy seun Set gebore. Hy was die ewebeeld van sy pa.
Afrikaans 1933/1953
Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
Afrikaans 1983
Toe Adam 130 was, het hy die vader geword van 'n seun, sy beeld, een soos hyself. Adam het hom Set genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Adam 130 jaar oud was, het hy 'n seun verwek wat 'n afbeelding, 'n beeld van hom was. Hy het hom Set genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Adam 130 jaar oud was, het sy vrou weer 'n seun gekry. Hy was soos sy pa, en Adam het hom Set genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Adam 130 jaar oud was, het hy pa geword van ’n seun wat net soos hy gelyk het. Adam het hom Set genoem.