Genesis 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die dae van Adam nadat hy Set verwek het, was agt honderd jaar; en hy het seuns en dogters verwek.
Afrikaans (NLV) 2011
Ná die geboorte van Set het Adam nog 800 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
Afrikaans 1933/1953
En die dae van Adam, ndie geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
Afrikaans 1983
Nadat Set vir hom gebore is, het Adam nog 800 jaar geleef en seuns en dogters gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die lewensdae van Adam was ná Set se geboorte nog 800 jaar, en hy het seuns en dogters verwek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat Set gebore is, het Adam nog 800 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na Set se geboorte het Adam nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.