Genesis 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Vervloek is Kanaän! 'n dienskneg van diensknegte moet hy vir sy broers wees.
Afrikaans (NLV) 2011
en sê: “Vervloek is Kanaän! Hy sal die slaaf wees van die slawe van sy broers.”
Afrikaans 1933/1953
sê hy: Vervloek is Kanaän! 'n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
Afrikaans 1983
sê hy: “Vervloek is Kanaän! 'n Nikswerd slaaf sal hy wees, in diens van sy broers.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het hy gesê: “Vervloek is Kanaän! Die laagste slaaf sal hy vir sy broers wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Noag sê toe: “Ek vervloek vir Kanaän, Gam se seun. Hy en sy kinders sal slawe wees vir sy broers.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het toe vir hom gesê: “Gam, oor jou sal dit met die Kanaäniete sleg gaan. Hulle sal nog eendag vir jou broers werk.”