Habakkuk 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle sal met die konings spot, en die vorste sal vir hulle 'n spot wees; hulle sal elke vesting bespot; want hulle sal stof ophoop en dit neem.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle maak ’n bespotting van konings en lag regeerders uit. Al die vestings minag hulle. Teen die mure stapel hulle grondwalle op en neem die vestings in.
Afrikaans 1933/1953
Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom 'n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
Afrikaans 1983
Die Galdeërs dryf die spot met konings en lag maghebbers uit. Hulle lag oor al die vestingstede: hulle gooi grondwalle teen die stede op en neem hulle in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie nasie dryf met konings die spot, en regeerders is vir hom 'n grap. Vir elke versterkte stad lag hy; hy hoop grond teen die stadsmuur op, en neem dit in.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle spot met konings en met mense wat regeer. Hulle kom maklik in 'n stad in, want hulle gooi grond teen die sterk mure en klim dan bo-oor die mure.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Babiloniërs het respek vir niks en niemand nie. Hulle dryf die spot met konings en verkleineer regeringsleiers. Hulle laat hulle ook nie afsit deur die hoë veiligheidsmure wat om stede gebou is nie. Hulle hoop doodeenvoudig grond daarteen op en klim dan oor die mure en neem die stad in.