Habakkuk 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is U nie van ewigheid af nie, HERE my God, my Heilige? ons sal nie sterf nie. O HERE, U het hulle aangestel tot oordeel; en, o magtige God, U het hulle bevestig tot teregwysing.
Afrikaans (NLV) 2011
O Here my God, my Heilige, U is daar van altyd af. Sekerlik is dit tog nie u plan om ons uit te wis nie! O Here, ons Rots, U het die Babiloniërs aangestel om ons te straf.
Afrikaans 1933/1953
Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
Afrikaans 1983
U is tog van altyd af daar, Here; U is my heilige God; ons sal nie sterwe nie. U, Here, het die Galdeërs aangestel om die vonnis te voltrek, U, ons Rots, het hulle die mag gegee om ons te straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bestaan U dan nie van altyd af nie, Here, my God, my Heilige? Ons gaan tog nie sterf nie? Here, het U hom bestem as oordeel? O Rots, het U hom beskik as teregwysing?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Habakuk het gesê: “Here, U was nog altyd God. U is my God, U is my heilige God. Ons sal nie sterf nie. Here, U is die Rots wat ons beskerm, maar U het die Galdeërs gekies om ons te straf en U het hulle sterk gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, U was van altyd af daar en sal altyd daar wees. My God, U is volmaak, ’n mens kan nie anders nie as om U te aanbid. Here, by U het ons ook nog altyd veilig gevoel, maar nou het U die Babiloniërs aangestel om te wys dat ons skuldig is. U gebruik hulle om ons te straf vir alles wat ons verkeerd gedoen het.