Habakkuk 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy het suiwerder oë as om onheil te aanskou, en jy kan die ongeregtigheid nie aanskou nie; waarom kyk jy na die wat troueloos handel, en hou jou tong wanneer die goddelose die man opeet wat regverdiger is as hy?
Afrikaans (NLV) 2011
U is te regverdig om onreg te duld. Maar is dit vir U moontlik om met gevoeligheid te sien hoe hulle ons verswelg? Is dit reg dat U stilbly terwyl goddeloses dié verslind wat meer regverdig is as hulle?
Afrikaans 1933/1953
U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie -- waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose die verslind wat regverdiger is as hy?
Afrikaans 1983
U oë is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word, U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie! Waarom doen U dan niks aan die trouelose mense nie, waarom bly U stil wanneer slegte mense dié vernietig wat beter as hulle is?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U wie se oë te rein is om boosheid te aanskou, wat nie kan toekyk waar daar leed is nie – waarom kyk U toe as mense verraderlik optree; waarom swyg U wanneer goddeloses dié verswelg wat regverdiger is as hulle?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek weet U wil nie sien dat mense sonde doen nie. U wil nie kyk hoe mense verkeerd doen nie. U hou niks daarvan dat mense ander mense laat swaarkry nie. Hoekom sien U wat die Galdeërs doen, maar U doen niks? Hulle is slegte mense. Hoekom bly U stil wanneer hulle mense doodmaak wat beter is as hulle?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U is so volmaak dat dit onmoontlik is om te dink dat U sulke verkeerde dinge sal sien gebeur en dit doodgewoon sal aanvaar. Hoe is dit dan moontlik dat U sien wat hierdie boosdoeners aanvang en stilbly daaroor? Hulle wis mense uit wat beter as hulle leef.