Habakkuk 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En maak mense soos die visse van die see, soos die kruipende diere wat geen heerser oor hulle het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Is ons maar soos visse wat gevang en doodgemaak word? Is ons soos kruipende insekte, sonder iemand om hulle te lei?
Afrikaans 1933/1953
So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
Afrikaans 1983
Hoe kan U mense behandel asof hulle visse is, asof hulle kruipende insekte sonder leier is?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U maak mense soos visse van die see, soos krioelende seediere wat nie 'n heerser het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het nie leiers gehad nie, U het hulle gemaak soos die visse in die see en soos die klein diertjies wat op die aarde kruip.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoe kan U mense so sonder beskerming los soos visse in die see wat enigeen sommer kan vang of soos ’n swerm insekte wat nie ’n leier het nie?