Habakkuk 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal hulle dan hul net leegmaak en nie gedurigdeur spaar om die nasies dood te maak nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Gaan U toelaat dat hulle altyd hiermee wegkom? Gaan hulle vir altyd suksesvol wees met hulle gevoellose oorwinnings?
Afrikaans 1933/1953
Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?
Afrikaans 1983
Sal hulle maar deurentyd voortgaan om hulle nette uit te skud, om nasies meedoënloos om die lewe te bring?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sal hy sy skepnet so bly uitskud en aanhou om nasies genadeloos uit te moor?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, is dit reg as die Galdeërs aanhou om mense dood te maak? Is dit reg as hulle nie jammer is vir die mense nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, gaan U toelaat dat hierdie vyand vir altyd so aanhou om genadeloos met volke te werk en hulle dood te maak?