Habakkuk 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O HERE, hoe lank sal ek roep, en U sal nie hoor nie! roep selfs tot jou van geweld, en jy sal nie verlos nie!
Afrikaans (NLV) 2011
Here, hoe lank moet ek nog roep om hulp? U luister nie na my nie. “Geweld!” roep ek baie hard, maar U red my nie.
Afrikaans 1933/1953
Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! -- maar U help nie?
Afrikaans 1983
Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hoe lank nog, Here? Ek roep om hulp, maar U luister nie; ek roep uit na U, “geweld!” maar U verlos nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Habakuk het gesê: “Here, hoe lank moet ek nog bid? Hoe lank moet ek nog soebat dat U ons moet help? U luister nie na ons nie, U help ons nie teen die mense wat ons laat swaarkry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, hoe lank moet ek nog bly roep dat U moet help? Dit klink nie of U hoor nie. Ek kla by U omdat mense ons aanrand en doodmaak, maar U red ons nie.