Habakkuk 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want kyk, Ek verwek die Chaldeërs, daardie bitter en haastige nasie, wat deur die breedte van die land sal trek, om die woonplekke in besit te neem wat nie aan hulle behoort nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek laat toe dat die Galdeërs die nuwe wêreldmag word. Hulle is wreed en gewelddadig, ’n nasie wat die wêreld deurkruis om ander se woonplekke af te neem.
Afrikaans 1933/1953
Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
Afrikaans 1983
Ek gaan die Galdeërs laat kom, die wrede, woeste nasie wat dwarsoor die aarde rondtrek om lande te verower wat nie hulle s'n is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, kyk, Ek gaan die Galdeërs laat optrek – die verbitterde en voortvarende nasie – wat oor die breedte van die aarde gaan om woonplekke in besit te neem wat nie aan hulle behoort nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal die Galdeërs roep. Hulle is die wrede, wilde volk wat oor die hele aarde gaan en lande vat wat nie aan hulle behoort nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hier is dit: Ek maak die Babiloniërs die mag wat al die volke in die wêreld sal oorheers. Hulle reputasie is oral bekend, hulle is ’n wrede en woeste spul mense. Hulle stuur hulle soldate die wêreld vol en dan neem hulle lande in.