Habakkuk 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle sal almal kom vir geweld; hulle aangesigte sal suig soos die oostewind, en hulle sal die ballingskap bymekaarmaak soos die sand.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hulle beur vorentoe, gereed vir geweld. Hulle leërs kom aangestorm soos ’n wind uit die woestyn. Hulle versamel krygsgevangenes soos sand.
Afrikaans 1933/1953
Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
Afrikaans 1983
Hulle hele leërmag kom om verwoesting te saai, hulle kom aangestorm soos die oostewind en maak krygsgevangenes bymekaar soos sand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen is uit op geweld; hulle hele voorhoede is 'n oostewind; dit maak krygsgevangenes bymekaar soos sand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle almal kom oorlog maak, hulle jaag reguit vorentoe. Hulle vang baie mense, so baie soos sandkorrels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle leërs het net een doel en dit is om mense links en regs dood te maak. Hulle ken net een rigting en dit is vorentoe. Hulle het al so baie mense gevang dat hulle te veel is om te tel.