Habakkuk 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja ook, omdat hy deur wyn oortree, is hy 'n trotse man, en bly nie by die huis nie, wat sy begeerte vergroot soos die hel, en is soos die dood, en kan nie versadig word nie, maar al die nasies vir hom versamel en al die volke vir hom versamel.
Afrikaans (NLV) 2011
Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Tog stel niks hulle ooit tevrede nie. In hulle gulsigheid versamel hulle baie nasies en volke as gevangenes.
Afrikaans 1933/1953
En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik -- hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.
Afrikaans 1983
'n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei, sal nie in sy doel slaag nie, al is hy so gulsig soos die doderyk, so onversadigbaar soos die dood, al versamel hy al die nasies rondom hom, al maak hy gevangenes van al die volke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Buitendien, wyn is verraderlik. Die sterke is vermetel, maar hy sal nie sy doel bereik nie, hy wat sy keel so wyd oopsper soos die •doderyk, hy wat soos die dood is, wat nie versadig word nie, wat al die nasies by hom versamel het, en al die volke om hom bymekaargemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer mense te veel wyn drink, dan is hulle nooit tevrede nie. Hulle dink hulle kan doen wat hulle wil. Die Galdeërs is ook so. Hulle is soos die doderyk. Hulle maak mense dood, maar hulle is nooit tevrede nie, hulle hou aan om mense dood te maak. Hulle maak al die volke vir hulleself bymekaar soos die dood dooie mense bymekaarmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar kyk maar, mense wat baie van hulleself dink, word maklik deur ’n honger na mag verlei. Hulle kry nooit genoeg nie en is nooit tevrede met wat hulle het nie. ’n Mens kry altyd die gevoel dat hulle gulsig is. Hulle hou net altyd aan om ander volke te probeer oorwin en te oorheers.