Habakkuk 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal hulle nie skielik opstaan wat jou byt, en wakker word wat jou kwaad maak, en jy sal vir hulle 'n buit wees nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Julle skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op julle toesak terwyl julle bewend en hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat julle besit.
Afrikaans 1933/1953
Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle 'n prooi word nie?
Afrikaans 1983
Die tyd kom vinnig nader dat jy self in die skuld sal wees, dat skuldeisers vir wie jy sidder, skielik voor jou sal staan en jou sal kaalstroop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sal dié wat van jou rente gaan eis, nie skielik opstaan nie, ja, dié vir wie jy beangs is, wakker skrik, en jy dan die buit vir hulle word?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan sal julle Galdeërs se vyande skielik kom. Die mense vir wie julle bang is, sal julle goed kom vat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dinge sal nog verander, julle sal sien. Baie gou gaan hierdie mense by wie julle skuld invorder in opstand kom. Julle sal van vrees aan die bewe gaan as hulle julle begin aanval en julle in hulle mag beland.