Haggai 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het 'n droogte geroep oor die land en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor wat die grond voortbring, en oor mense en oor vee en oor al die arbeid van die hande.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek is verantwoordelik vir die droogte oor die weivelde en die heuwels. Dit is ’n droogte wat die graan, die druiwe, die olywe en al die ander graangewasse beskadig; ’n droogte wat julle en julle vee sal laat honger lei; ’n droogte wat alles waaraan julle so hard gewerk het, tot niet sal laat gaan.”
Afrikaans 1933/1953
En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
Afrikaans 1983
Ek het droogte laat kom oor die land en oor die berge, oor die koring, die wyn en die olie en oor die opbrengs van die land, oor mens en dier en oor alles waarmee die mens hom besig hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het droogte uitgeroep oor die land en oor die heuwels, oor die koring, die •nuwe wyn en die olie, oor alles wat die grond oplewer; oor mens en dier en alles wat met moeite tot stand gebring is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het droogte gestuur oor die land en oor die berge en oor die koring, die wyn en die olie. Ek het droogte gestuur oor alles wat in die grond groei, ook oor die mense en oor die diere, oor al die werk van die mense.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is Ek wat droogte oor die land gebring het. Dit het ’n effek op die berge, die graanlande, die wingerde, die olyfboorde, die oeste en wat ook al uit die grond groei. Die droogte raak ook mens en dier en alles waarvoor julle gewerk het.”