Haggai 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Haggai, die boodskapper van die HERE, in die boodskap van die HERE aan die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here se boodskapper Haggai het toe hierdie boodskap van die Here vir die mense gebring: “Ek is by julle, sê die Here!”
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Haggai, die boodskapper van die HERE, kragtens die boodskap van die HERE, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.
Afrikaans 1983
Haggai die boodskapper van die Here het in opdrag van die Here vir die volk gesê: Ek is by julle, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar Haggai, die boodskapper van die Here, het in opdrag van die Here vir die volk gesê: “Ek is met julle! Dit is die uitspraak van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Haggai het 'n boodskap van die Here vir die volk gebring en gesê: “Ek is by julle, sê die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het toe weer vir Haggai gebruik om vir die volk die belofte te gee dat Hy by hulle sal bly.