Haggai 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het die gees van Serubbabel, die seun van Sealtiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Josédek, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek; en hulle het gekom en werk gedoen in die huis van die HERE van die leërskare, hulle God,
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdeur het die Here die goewerneur Serubbabel en die hoëpriester Jesua, asook al die Here se mense wat in die land agtergebly het, baie entoesiasties gemaak. Hulle het na die huis van die Here, die Almagtige, hulle God gekom en daaraan begin werk.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het die gees van Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God.
Afrikaans 1983
Die Here het toe vir Serubbabel, seun van Sealtiël en goewerneur van Juda, en vir die hoëpriester Jesua seun van Josadak, en vir almal wat van die volk oorgebly het, aangevuur, en hulle het die werk aan die huis van hulle God, die Here die Almagtige, aangepak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het die Here Serubbabel, seun van Sealtiël en streekgoewerneur van Juda, en Josua, seun van Jehosadak en hoëpriester, en almal wat oor was van die volk, begeester. Hulle het begin om die werk aan die huis van die Here, Heerser oor alle magte, hulle God, aan te pak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het hulle harte verander. Toe wou Serubbabel, die goewerneur van Juda, en Jesua, die hoëpriester, en almal wat nog gelewe het, die werk graag doen. Hulle het gekom en hulle het die tempel begin bou, die tempel van hulle God die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het vir Serubbabel, Jesua en die mense wat uit Babel teruggekom het, soveel moed en energie gegee dat hulle aan die werk gespring het om die huis van Here reg te maak.