Haggai 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So spreek die HERE van die leërskare en sê: Hierdie volk sê: Die tyd het nie gekom nie, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Here, die Almagtige, sê: Die mense sê: ‘Die tyd het nog nie aangebreek om die huis van die Here, die tempel, te herbou nie.’”
Afrikaans 1933/1953
So spreek die HERE van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word nie.
Afrikaans 1983
So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Hierdie volk sê die tyd is nog nie ryp om die Here se huis te herbou nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie mense sê dit is nog nie die regte tyd om die tempel van die Here weer te bou nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Niemand het soveel mag as die Here nie. Hy sê dat die mense van Juda die tempel weer moet opbou. Hulle was gevang en uit hulle land uit weggevat na Babel toe. Nou is hulle terug in hulle land. Maar vandat hulle terug is, het hulle nog nie weer daaraan gedink om die Here se tempel te herbou nie.