Haggai 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is dit tyd vir julle, o julle, om in julle beskutte huise te woon, en hierdie huis lê puin?
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoe kan julle in weelderige huise bly terwyl my huis ’n ruïne is?
Afrikaans 1933/1953
Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?
Afrikaans 1983
Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Is die tyd dan wel vir julle ryp om in huise met houtpanele te woon, terwyl hierdie huis 'n bouval is?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Is dit reg dat julle in julle pragtige huise woon, die huise wat julle met hout mooi gemaak het? Kyk, my tempel staan nie meer nie, dit is net 'n hoop klippe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy wil weet of die mense van Juda reg maak deur in hulle spoghuise te bly terwyl sy huis nog verwoes lê.