Haggai 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle het baie gesaai en min ingebring; julle eet, maar julle het nie genoeg nie; julle drink, maar julle word nie versadig met drank nie; julle beklee julle, maar daar is niemand warm nie; en hy wat loon verdien, verdien loon om dit in 'n sak met gate te gooi.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal. Julle het nou wel kos om te eet, maar julle is nog honger. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle dors te les nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie voldoende om julle warm te hou nie. Julle geld raak weg asof dit gebêre is in ’n broeksak met gate!
Afrikaans 1933/1953
julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek.
Afrikaans 1983
Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle het baie gesaai, maar dit het min opgelewer; julle eet, maar word nie versadig nie; julle drink, maar julle dors word nie geles nie; julle trek aan, maar word nie warm nie. Wie homself uithuur, doen dit vir 'n beursie vol gate.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het baie koring gesaai, maar julle het min koring afgesny. Julle het geëet, maar julle was nog honger. Julle het gedrink, maar julle was nog dors. Julle het klere aangetrek, maar julle het nog koud gekry. Julle het hard gewerk vir ander mense, maar julle het nie geld nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle het baie saad op die landerye gesaai, maar die oes wat julle ingebring het, was maar klein. Julle het wel kos om te eet, maar dit laat julle nie juis versadig voel nie. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle tevrede te stel nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie genoeg om julle warm te maak nie. Die geld wat julle vir julle daaglikse werk kry, verdwyn ook so vinnig asof daar ’n gat in julle beursie is.”