Haggai 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle het baie gewag, en kyk, dit het min geword; en toe julle dit huis toe bring, het ek daarop geblaas. Hoekom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat puin lê, en julle hardloop elkeen na sy huis toe.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het gehoop dat dit ’n goeie oes sal wees, maar dit was maar skraal. Die oes wat julle nog huis toe gebring het, het Ek weggewaai. Waarom? Omdat julle almal besig is om julle eie netjiese huise te bou en dit terwyl my huis in puin lê, sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
Afrikaans 1983
Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom? vra die Here die Almagtige. Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Julle verwag baie, maar kyk, julle kry bloedweinig. As julle iets huis toe bring, blaas Ek dit weg. “En waarom? Omdat my huis 'n bouval is, terwyl elkeen van julle rondhardloop vir sy eie huis.” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Julle het gehoop daar sal baie koring wees wat julle kan afsny, maar julle het min gekry. Toe julle dit huis toe gebring het, het Ek dit laat verdwyn. Hoekom?” Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek het dit gedoen omdat my tempel nie meer staan nie. Dit is net 'n hoop klippe, maar julle almal werk hard net om julle eie huise te bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle het ’n groot oes verwag, maar dit het nie veel opgelewer nie. Die bietjie wat julle ingesamel het, het Ek laat verdwyn. Hoekom, dink julle, gebeur dit? vra Ek die Here wat mag het wat met niks en niemand vergelyk kan word nie. Dit is omdat my tempel nog verwoes lê terwyl julle almal besig is om aan julle eie huise te werk.